Sum 41

Sum 41
Agtergrondinligting
OorsprongAjax, Ontario (Kanada)
GenresPoppunk, punkrock
EtiketteKanada: Aquarius Records
Amerika: Island Records
Europa: Universal Records
Latyns-America: Universal Records
Webwerfwww.sum41.com
www.sum-41.net
LedeDeryck Whibley
Jason McCaslin
Steve Jocz
Gewese ledeMark Spicoluk (1996–1999)
Dave Baksh (1996–2006)
John Nicosia (1997–1998)

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Sum 41 is 'n Juno-bekroonde Kanadese musiekgroep vanuit Ajax, Ontario. Die huidige lede is Deryck Whibley (voorsang, kitaar, klavier), Jason McCaslin (baskitaar, agtergrondsang), en Steve Jocz (tromme, agtergrondsang). Die lede het besluit om die groep "Sum 41" te noem omdat hulle dit 41 dae ná die begin van somer in 1996 gestig het. Sedert hulle 'n internasionale platekontrak met Island Records in 1999 onderteken het, het hulle reeds vyf studio-albums, twee regstreekse CDs, twee regstreekse DVDs en meer as tien enkelsnitte uitgereik. Hulle het al miljoene eksemplare wêreldwyd verkoop. Sedert 2006 het die groep al meer as 600 keer opgetree, en hulle is beroemd vir hul wêreldtoere wat gewoonlik langer as 'n jaar elk duur.[1]

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2007. Besoek op 10 Augustus 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne